'N Hand Wat Gee Poem by Gerhardus Keen

'N Hand Wat Gee

Soveel mense het nooit swaargekry
en sal eerder by 'n bedelaar verbyry
sonder om eens ag te slaan
op die emosies wat op sy gesig staan
met 'n beursie styf toegemaak
oë toegesluit vir sy saak
hart gesluit vir sy seer
hy kan mos op 'n ander gaan teer

'Vader, ' smeek hy in sy gebed,
'Wat is dit wat die mense so verander het?
Het niemand meer 'n meegevoel
lewe almal nou so sonder doel?
Waar het alles verkeerd gegaan
het hulle ooit die boodskap verstaan
Om U te dien moet ons na mekaar omsien
om so 'n plek by U te verdien'

'n Klein handjie vat aan sy soom
'Hier is iets om te eet, Oom.
Dit is nie baie, dis al wat ek het
die Vader het geluister na oom se gebed'
'Nee, my kind, jou hart is rein
jou gebaar is groot, selfs al is jy klein
luister nou na wat ek wil sê
en vertel vir almal wat ek wil hê'

'Tweeduisend jaar terug was Ek ook hier
My Vader het My nou weer hierheen gestuur
om die mense se harte aan te raak
sodat hulle, in plaas van oorlog, vrede kan maak
om hulle te leer om mekaar se laste te dra
om barmhartigheid te toon sonder dat iemand daarvoor hoef te vra
My Vader wou sy oordeel oor die mensdom vel
Hy het hulle verdoem tot in die hel
maar deur jou kleine gebaar
het jy die ganse mensdom van uitwissing gespaar'

'My Vader het gesien wat die mense doen
vir hulle was daar geensins iets te versoen
hulle kyk neer op mekaar
nie eers die bedelaar word gespaar
maar My Vader het My versoek gehoor
Ek het gesê daar is nog goeie mense oor
gee My nog een kans om aan U te bewys
U het My nie verniet laat sterf op die kruis'

'Jy sal nou een van My engele wees
en die wêreld help genees
hulle leer om aan mekaar erbarming te toon
om hulle te wys dat Ek in hulle woon
dat naasteliefde nog bestaan
en dat niemand hoef te vergaan
en dat hulle dit reg kan kry
dat geen een van My kinders ooit weer honger hoef te ly'

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success