Die Nagloper (Vry Vers) Poem by Gerhardus Keen

Die Nagloper (Vry Vers)

Hy sluip in die aande uit by die venster
en gebruik die donker as sy skuiling
terwyl hy deur die strate wandel
om die wêreld te verken
Niemand weet waarna hy soek nie
selfs ook nie waarheen hy gaan
vir ure bly hy daar buite
om net voor sonop terug te kom
Elke nag raak ek bekommerd
en bid dat hy niks oor moet kom
en ek is gevul met blydskap
as ek hom in die oggend weer sien
Ek kyk of hy dalk seergekry het
en of daar iewers bloed op hom is
dan sê ek vir die Here dankie
hy het weer veilig teruggekom
Hy besef nie eers dat ek bekommerd is
en wonder waarheen hy elke nag gaan
hierdie nagloper van my
die verkenner van die stad, my kat.
© Gerhardus Keen

READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success